Scroll down for the English translation.

Hierdie gedig het ek gedurende ’n baie moeilike tyd in my lewe geskryf en dit is eerste op die webwerf Woes gepubliseer.

Smekend om Lig

’n Gedig na Antiphona post Evangelium

O, my God, hoe weet U wanneer om te antwoord?
uit die diepe donker smeek my siel om Lig
maar ek kry geen antwoord.
mag ek – vleesomhulde siel – dit vra?
hoop vervaag.
alles word tot nag om my –
vriende, vriendskap en liefde
verdof tot slegs ‘n skadu.
en dan, skielik, klink daar ‘n lied.
Uit die donker ruis stemme met
die klank van die Engele.
Hul sing tot U eer.
Hul sing uit die verlede.
in hul eie donker tyd antwoord hulle:
Haleluja! Haleluja! Haleluja!
die stemme bring U Lig na my en
ek – vleesomhulde siel – kan sien en sing
en uitreik na ‘n stukkie van U seën.

Geskryf na die lied Antiphona post Avangelium, ‘n Ambrosiaanse cantus deur ‘n anonieme skrywer. Gesing deur In Dulci Jubilo op die CD Discover Early Music deur Naxos – nog ’n absolute juweel van ’n CD.

This poem written during a very difficult time in my life and was first published in Afrikaans on the website Woes and in English on my old Hersenskim blog.

The English translation: “Pleading for Light, A Poem After Antiphona post Evangelium

O, my God, how dost Thou know when to answer?
from the depths of darkness my soul pleads for Light
but receive no answer.
may I – flesh-enshrouded soul – ask it?
hope fades.
everything becomes as night around me –
friends, friendship and love
fades to a shadow.
and then, suddenly a song sounds.
From the darkness rustles voices with
the sound of the Angels.
They sing to Thy Glory.
They sing from the past.
in their own dark time they answer:
Hallelujah! Hallelujah! Hallelujah!
the voices brings Thy Light to me and
I – flesh-enshrouded soul – can see and sing
and reach out to a morsel of Thy blessing.

Written after listening to Antiphona post Evangelium, an Ambrosian chant by an anonymous writer. It is sung by in Dulce Jubilo on the CD Discover Early Music by Naxos – another jewel of a CD.

Luister na die lied Antiphona post Evangeliumhieronder.

Listen to Antiphona post Evangelium below.

Advertisements